
=====================================================================
Een bre Afrikaanse front (AV 5:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Een bre Afrikaanse front

IN die jongste verlede is daar toenemende voorbeelde dat die Afrikaanse gemeenskap wl en kn saamstaan. Sulke voorbeelde kom op streeks- 
en nasionale vlak voor.

Een van die jongste vorderings met samewerking is die totstandkoming op 18 Februarie van die Tussentydse Afrikanerberaad wat   26 
Afrikanerorganisasies saamsnoer. Hierdie stap verteenwoordig, soos tereg in die pers vermeld, 'n heling in die diep verdeeldheid van vroer 
tussen Afrikanerkultuurorganisasies. Daarvoor moet ons almal dankbaar wees.

Maar hiermee het die saambinding van Afrikaanstaliges nog nie naastenby so ver as moontlik gevorder nie. In die bre Afrikaanse front wat 
besig is om die afgelope twee tot drie jaar in Suid-Afrika te onwikkel, is daar twee duidelike kragvelde.

Eerstens onderskei mens 'n soeke na konsolidering van Afrikanerkultuurkragte. Dit het nou uitgeloop op 'n Tussentydse Afrikanerberaad.

Maar tweedens is daar ook 'n nuwe belangstelling in Afrikaans as 'n na-apartheidstaal by 'n veel brer gemeenskap as die tradisioneel 
stoere Afrikaners. Vir hierdie bre gemeenskap uit verskillende bevolkingsgroepe, politieke partye en sosiale stande is Afrikaans 'n 
saambindende toekomstaal, 'n taal vir ontwikkeling en groei, 'n taal vir uitreik en bre bou tusen groepe. Dit verteenwoordig 'n sterk nuwe 
groeidimensie in Afrikaans waaraan baie mense uit gevestigde Afrikanergeledere nog nie gewoond is nie.

Trouens, daar is vandag nog verskeie Afrikaanse organisasies wat nie in hul projekte toon dat hulle in 'n na-apartheid Suid-Afrika woon en 
leef nie. Die Afrikaanse taal leef wel in die na-apartheidsera en het daarom beslis organisasies nodig wat hom in hierdie milieu kan 
ondersteun.

Die Stigting vir Afrikaans is so 'n taalorganisasie oor ou grense heen wat reeds die afgelope vyf jaar mense van die hele Afrikaanse 
taalgemeenskap dien.

Die Stigting het daarom in die heel breedste sin van die woord 'n onmisbare taalvennoot vir die toekoms van Afrikaans geword, al tel hy nie 
onder die 26 Afrikanerkultuurorganisasies wat nou besluit het om solank 'n Tussentydse Afrikanerberaad te vorm nie.

Die krag van die Stigting l juis daarin dat hy landwyd besig is met projekte waarin spanne medewerkers uit die totale Afrikaanse 
gemeenskap saamwerk. Dit vind plaas op sleutelbelangrike terreine soos geletterdheidsbevordering, leesstofuitbouing, onderwysversterking, 
taalbeplanning en standpuntstelling, taalinligtingverskaffing, taalskakelwerk en befondsingshulp vir verdienstelike projekte.

Die Stigting s nie bloot hy is van plan om vorentoe die belange en behoeftes van Afrikaanstaliges te probeer versorg nie. Die Stigting het 
reeds gevestigde en bewese ervaring hiervan oor 'n bre Afrikaanse front heen. Dr. Karel Prinsloo,   uitvoerende direkteur van die Stigting 
vir Afrikaans.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av525.html> Enige kommentaar? (Kommentaar word publiek op die Web aangebied.) Skryf gerus aan die 
redaksie.  Kopiereg (c) Stigting vir Afrikaans 1999    Blaai terug | Blaai om
Terug na bo   /// Afrikaans Vandag -- April 1998 /// Afrikaanssprekendes, word onmisbaar! (AV 5:2) /// Ywer uit onverwagte oord (AV 5:2) 
/// Produktiewe aksies moet daaruit voortkom (AV 5:2) /// Leeskring-inspirasie (AV 5:2) /// Een bre Afrikaanse front (AV 5:2) /// Die 
antwoord op: Hoe leer ek Afrikaans? (AV 5:2) /// Op die stoep gaan hulle skater van plesier (AV 5:2) /// Afrikaans: 'n nuttige stuk 
gereedskap (AV 5:2) /// Afrikaans vir die Afrikane? (AV 5:2) /// Afrikaanse bewegings moet besin oor oogmerke (AV 5:2) /// 'n Woordlint van 
land tot land (AV 5:2) /// Afrikaans gryp uitdagings (AV 5:2) /// Hoe stewig is die handevat? (AV 5:2) /// 'n Gelukkige huis lok vele 
vriende (AV 5:2) /// In die ban van Karoo-Afrikaans (AV 5:2) /// Die wel en wee van 'n politieke tolk (AV 5:2) /// 'n Reis van 
selfontdekking (AV 5:2) /// Nederlands wil Kaaps raakvat (AV 5:2) /// Taalvriendskap is nou moontlik (AV 5:2) /// 'n Briljante seun, Meyer 
(AV 5:2) /// Sonde met die Cravense bure (AV 5:2) /// PALJAS, paljas is die as nou af? (AV 5:2) /// Die smeerstorie (AV 5:2) ///

